|
BEPLANDE KLAS-AKSIE AS VERWEER
TEEN DIE DAGVAARDINGS VAN |
||
|
|
||
|
Ons het uit verskeie oorde navraag ontvang
insake die
dagvaardings van THABO MOFUTSANYANA DISTRICT MUNICIPALITY en verskeie
kliënte het reeds hulle dagvaardings aan ons oorhandig.
Ons het gevolglik moeite gedoen om verdere regsopinies in te win en
het verskeie opsies oorweeg voordat ons op 'n uiteindelike strategie
besluit het. Ons is van mening dat die meeste van die eise ongegrond is en die dagvaardings tegnies ook nie korrek is nie. Gevolglik is ons van opinie dat onderhandelde skulderkennings nie nou wenslik is nie en daarom beoog ons 'n klas-aksie waardeur die dagvaardings as 'n gesamentlike groep verdedig gaan word. Ons het dus reeds die dienste van 'n senior advokaat vir hierdie doeleindes bekom. Let asseblief daarop dat die dagvaardings nou 'n onomkeerbare regsproses aan die gang gesit het en dat dit uiters belangrik is dat die dagvaarding nie geïgnoreer moet word nie. So 'n opsie is so goed soos 'n skulderkenning waarna daar dan 'n vonnis uitgereik word wat selfs tot die beslaglegging van u bates kan lei. Ons versoek u dus om so spoedig moontlik, binne die toegelate vyf werksdae, u dagvaarding aan ons te besorg sodat ons in u geval ook verdediging kan aanteken. Indien
u nog slegs 'n aanmaning ontvang het wil ons u ook adviseer dat dit geen
doel dien om enigsins met die munisipaliteit of sy regsverteenwoordigers
te onderhandel nie aangesien die betrokke prokureur se kantoor op 12 Junie
telefonies aan ons bevestig het dat hulle reeds ALLE beweerde
belastingbetalers in opdrag van die kliënt gedagvaar het. By navraag
hoekom hulle nou dagvaar terwyl skriftelike versoeke vir onderhandelinge
deur hulle erken is, was die antwoord dat die kliënt intussen opdrag
gegee het dat daar eers gedagvaar moet word en dan onderhandel moet word.
Gevolglik is verskeie dagvaardings ook sonder voorafgaande aanmanings
uitgereik. Ons is van
mening dat die klas-aksie met geringe koste gepaard sal gaan en wil u dus
met vrymoedigheid adviseer om van ons dienste gebruik te maak. Indien u
enige verdere navrae het kan u Mnre N Botha, J Krüger of M Muller by
Breytenbach Mavuso te Bethlehem kontak by: Tel.: (058) 307 5300 e-pos: infob@breytlaw.co.za PERSVERKLARING: Klas-aksie kom oor astronomiese SRD-dagvaardings SKAKELS: www.forensies.com www.phfirms.co.za www.computus.info |
||